“Bitterbessie dagbreekbitterbessie son'n spieël het gebreektussen my en homSoek ek na die grootpadom daarlangs te draforal draai die paadjiesvan sy woorde afDennebos herinneringdennebos vergeethet ek ook verdwaaltrap ek in my leedpapegaai-bont eggokierang kierang mytotdat ek bedroëweer die koggel kryEggo is geen antwoordantwoord hy alombitterbessie dagbreekbitterbessie son”
“Sal jy my nog ken, het Sofie geskryf, wanneer jy terugkeer met jou verbrede horison en jou nuwe kinetiese hande? Ek gaan my hande aan jou bemaak, het Sofie geskryf, tot by die gewrigte, sodat jy my hande op aarde kan wees wanneer ek dood is.”
“Ek is meer bekommerd dat daar nie meer bome vir papier is nie as wat ek bekommerd is oor die toekoms van Afrikaans.”
“Dis seker hoekom mens 'n beste vriendin moet hê, dink ek terwyl ek saam haar stap. Om jou hand vas te hou as jy uitmekaarval”
“O was ek maar sjamaanwat dans en deurdans in 'n swym -totdat 'n nuwe alfabet spontaanuit klip en stof verskyn!”
“Die liefde is ’n reus. Hy pas jou op, dra jou op die hande en verskuif jou grense. Maar as hy verwaarloos word, misgekyk word, as hy die dag loop lê, is daar bitter min van ons wat die gereedskap het om hom op te help, om hom weer in sy spore te laat staan.”