“Die paadjie na geluk was nog nooit reguit nie, maar tog is die die enigste pad wat die moeite werd is om te reis, maak nie saak hoe krom en vol struikelblokke dit is nie.”
“Iemand anders sal dié storie ook moet vertel om geloofwaardigheid daaraan te gee; die storie kan nie net teer op herinnering wat dit plooi na die eise van die hede nie.”
“Dis nie net die dooies wat in jou inweek en deel van jou word nie: dis almal, elke enkele een met wie jy 'n entjie pad saamreis; elkeen gee af aan jou, jy aan hulle. Nooit is dit net jy en jy alleen nie. Nooit gebeur iets net NOU nie. Altyd sleep dit slierte saam. Altyd suig dit by voorbaat al die toekoms in.”
“Geen twee mense se verhale is dieselfde nie, niemand s'n is kort of eenvoudig nie, elkeen het feite wat met die ander s'n veg. Skaars het iemand klaar gepraat, of die ander gryp sy verhaal en skeur dit uitmekaar.”
“Ek is meer bekommerd dat daar nie meer bome vir papier is nie as wat ek bekommerd is oor die toekoms van Afrikaans.”
“Und ich werde nie einer von diesen Erwachsenen sein, die einen Schirm benutzen, wenn es schneit - niemals.”