“Herinnerings laat hulle nie so maklik orden nie. Om te onthou, beteken dat jy onverhoeds betrap kan word.”
“Geen twee mense se verhale is dieselfde nie, niemand s'n is kort of eenvoudig nie, elkeen het feite wat met die ander s'n veg. Skaars het iemand klaar gepraat, of die ander gryp sy verhaal en skeur dit uitmekaar.”
“Iemand anders sal dié storie ook moet vertel om geloofwaardigheid daaraan te gee; die storie kan nie net teer op herinnering wat dit plooi na die eise van die hede nie.”
“Dis nie net die dooies wat in jou inweek en deel van jou word nie: dis almal, elke enkele een met wie jy 'n entjie pad saamreis; elkeen gee af aan jou, jy aan hulle. Nooit is dit net jy en jy alleen nie. Nooit gebeur iets net NOU nie. Altyd sleep dit slierte saam. Altyd suig dit by voorbaat al die toekoms in.”
“Eleanor Baker is een van Afrikaans se beste skrywers en dis jammer dat baie Suid-Afrikaners dit dalk nooit, of te laat, gaan agterkom nie. ”
“I was hers in ways that those with loyalties of convenience cannot fathom. I loved her beyond words and clothes, and yes beyond even pain. The strangest of things is the way the hungry always return to the very same hand. The hand they know. The one that cannot give.”
“Ideals and opportunities and social theorizing are just fine, but if you must understand only one thing, it is this: a warm hand and words whispered into the ear are what we want. Paths that can be seen and followed and walked upon are what we most need....And in the end, the thing that feeds us, no matter how tenuous, is what we will reach for.”